Saturday, November 14, 2009

Hoe om jou kinders geestelik to ontwikkel.
deur Jimmy Henderson


Ek het al gevalle gevind waar geestelike ervaring ook buite die kerk en tradisionele gelowe beleef word. Baie mense, wie nie as kerkmense beskou kan word nie, rapporteer n nuwe bewustheid en verhouding met n hoer geestlike waarheid (God). Hierdie verhouding word gewoonlik bereik deur n groter kennis van self, die natuur an die wereld aan te kweek, en begin gewoonlik met n gesonde nuuskierigheid en n innerlike motivering om geestelike waarheid te soek . Daardeur word die persoon gelei om rubrieke, boeke and mense wat n meer holistiese uitkyk op die wereld het, op te soek. Daar word dan later n nuwe raamwerk ontwikkel wat n breer konsep van God en die geestlike lewe insluit en wat meer sin maak in terme van hul dag tot dag geestelike lewe.

Derhalwe noem ek twee uiteenlopende keuses indien iemand kinders binne n geestelike raamwerk will grootmaak. Die eerste is die tradisionele geloofspraktyke wat gereelde kerkbywoning en opleiding volgens die Helige Skrifte insluit, en die tweede is n meer holistiese benadering waar n eiesoortige program vir die kind volgens hy of sy se individuale geestelike en ontwikkelings-behoeftes ontwerp word.

As u reeds deel is van n georganiseerde geloof, kerk en leer wat u geestelike behoeftes ten volle bevredig en u heeltemaal gewillig is om u kind daarin te laat opvoed, kan u baie van u verantwoordelikheid vir die geestlike lewe van u kind aan die kerk oorlaat, aangesien die meeste kerke programme het wat sondagskool (kategese) en jeug aksies insluit, met die gevolg dat u taak tot gebeds-opleidiing and die beantwoording van vrae m.b.t. die klas-materiaal beperk sal word. Onthou dat kinders hul idees volgens hul ouers se gedrag en denke aanpas en u moet dus sorg dat u self n model van die verlangde gedagterigting is .

Maar as u, as ouers, nie heeltemaal tevrede met die tradisionele geloofspadjie of selfs met u eie geestelike belewenis binne die kerk is nie, is daar n meer omvattende benadering wat n direkte betrokkenhied in die geestelike groei in u kind se lewe kan bied.

Die omvattende benadering
Met hierdie benadering is u rol meer die van n fasiliteerder, wat u kinders aan n nuwe raamwerk van holistiese geestelike begrippe en idees blootstel, asook motivering en ondersteuning in hulle eie soeke na geestelike waardes en ontwikkeling aanbied. Hierdeur word daar ook ruimte gelaat dat kinders teen hul eie tempo geestelik ontvou.

As u klein kinders onder die ouderdom van 5 het, is dit n goeie idée om eers
met die betekenis van ‘reg’ en ‘verkeerd’ te werk, angesien hulle nog nie in staat is om ingewikkelde geestelike begrippe te verstaan nie. Die fokus sal dan op die positiewe ondersteuning (positive reinforcement ) van gedrag en idees wat in lyn met universele liefde en deernis is. Weereens, die goeie voorbeeld van u as ouer is baie belangrik omdat hulle u as ouer se voorbeeld navolg. Soos kinders ouer word, kan u aan hulle nuwe begrippe bekendgestel word, soos die bestaan van n opperwese (God), die siel, gees , bewustheid (consciousness) asook die universele waardes van verdraagsaamheid, respek, broederskap en liefde. As u wil, kan u hierdie ook na die skrifte terugverwys, want daar is geen rede waarom daar noodwendig met die tradisionele verbreek moet word nie, tensy die kerk of groep absolute gehoorsaamheid aan hulle eie leer eis .

Indien u kinders aan hierdie nuwe geestelike idees blootgestel word, sal daar van hulle kant vrae ontstaan wat beantwoord moet word (n kind is geregtig op n eerlike antwoord as hy of sy die regte vraag vra). Kinders is van natuur nuuskierig en sal vrae stel oor alles. As u hulle dan in n geestlike rigting wil stuur, moet u antwoorde hulle dienooreenkomstig daarna verwys. U mikpunt moet op hierdie stadium wees dat die kind n dors na geestelike kennis , n nuwe insig en bewustheid en n liefde vir God, gees, die natuur en mense ontwikkel.

In terme van hierdie benadering, soos kinders meer volwasse word, moet hulle aan n verskeidenheid holistiese idees uit die skrifte, boeke en rubrieke blootgestel word. Hulle moet ook opleiding in gebed en meditasie ontvang. Weereens moet ope–vraag sessies voortgesit word, veral m.b.t. enige geestelike ervarings wat hulle gehad het, soo b.v drome, visioene of kontak met geestelike wesens. Hierdie ervarings moet ten volle aan hulle verduidelik word en hulle moet ook aangeraai word om dit in n joernaal te dokumenteer. Op hierdie stadium word dit belangrik dat kinders geleer word om vir hulself to begin dink, hul eie stel geestelike idees en waardes te formuleer en hulle eie ervarings te kan interpreteer.
Later behoort hulle ook ouderdoms-gerigte opleiding to ondergaan in die uitoefening van hul geestleike talente, soos b.v gevorderde meditasie, visualsasie en doelbewuste innerlike ontwikkeling wat hulp vanaf ander gekwalifiseerde mentors insluit. Hulle kan ook voorberei word d.m.v kursusse wat met hulle geestelike gawes verbandhou.

Om mee af te sluit, ek wil pleit dat u as ingeligte ouers in hierdie moderne tyd, meer buigsaam sal wees m.b.t u seining van geestelikheid, en om nie u kind in a raamwerk to druk wat nie by hul persoonlikheid of gawes pas nie.

Vir meer inligting oor boeke, rubrieke, praatjies en kursusse sien my blog www.jimmyhendersonbooks.blogspot.com

No comments:

Post a Comment